• Open Daily: 10am - 10pm
    Alley-side Pickup: 10am - 7pm

    3038 Hennepin Ave Minneapolis, MN
    612-822-4611

Open Daily: 10am - 10pm | Alley-side Pickup: 10am - 7pm
3038 Hennepin Ave Minneapolis, MN
612-822-4611
Môre se drome van gister

Môre se drome van gister

Paperback

Romance

ISBN13: 9798326390486
Publisher: Independently Published
Published: May 22 2024
Pages: 282
Weight: 0.72
Height: 0.59 Width: 5.50 Depth: 8.50
Language: Afrikaans
Carel Bekker is met vakansie aan die Suid-Kaap. Op misterieuse wyse ontdek hy 'n baie ou bottel tussen die rotse waar hy hengel, met meer as net 'n boodskap daarin.
Dit lei tot 'n fratsongeluk en sy beserings laat hom in 'n koma verval. Sy drome neem hom meer as tweehonderd jaar terug in tyd. Carel bevind hom op 'n seerowerskip, Het Schip Zonder Naam, onder bevel van die wreedaardige en genadelose Kaptein Philip Verhoeven, wat moor en plunder om sy doelwitte te bereik. Hy vind plesier uit die marteling van sy eie manskappe.

Carel ontmoet ook vir Andrea op sy avontuur - hulle raak verlief op mekaar. Om uit die kloue van Philip en sy gespuis te kom is nie maklik nie. Die lewe op die skip is ondraaglik, maar Carel beloof ewige trou aan Andrea en ook om haar te red uit die kloue van die seerower.

Maar ... Philip Verhoeven het sy eie planne: Om ontslae te raak van Carel sodra hy sy skatkis voldoende aangevul het.

Die seerowers moet na vêr en onbekende waters vlug - met Carel en Andrea steeds aan boord.

Gaan Carel sy belofte kan nakom en Andrea se drome laat waar word, veral noudat hulle eie lewens aan 'n draadjie hang?

Also from

Martin, Henri

Also in

Romance